
Nuwe Leerders Inskrywing
Toelatingsvereistes
Die vermoë om Afrikaans voldoende te verstaan en te gebruik, aangesien die skool as Afrikaansmedium skool bedryf word.
Die toepaslike vereistes in die Regulasies.
‘n Leerder se ouer of voog permanent in die onmiddellike omgewing van die skool woonagtig is en die skool die naaste redelikerwys toeganklike laerskool aan sodanige woonplek is.
Die feit dat 'n leerder se broer of suster 'n leerder by die skool is of was.
Enige ander faktor wat na die mening van die skoolhoof of die beheerliggaam redelikerwys in ag geneem behoort te word by die oorweging van 'n aansoek om toelating.
Wat se dokumente is nodig om te kan inskryf
Die volgende DOKUMENTE moet die INSKRYWING vergesel:
-
Geboortesertifikaat
-
Immuniseringskaart
-
Bewys van verblyf
-
ID van beide ouers

Klerewinkel
Klerewinkle Tye
Maandae tot Donderdae:
08:00 - 14:00
​
Vrydae:
GESLUIT
​
Publieke vakansie dae:
GESLUIT
​
Skool vakansie tye:
GESLUIT
Laerskool Kruinpark spog met ‘n nuwe klerewinkel wat vir u gemak en gemoedrus beskikbaar is.
​
Klerewinkel word behartig deur Juanita du Plessis. Sy help graag!


Kleredragreëls
Wees asseblief bewus, dat die kleredragreëls elke jaar opdateer word en aangepas word na gelang van wat deur die vorige jaar gebeur het. Maak altyd seker dat u op D6 Connect ook kyk na die kleredragreëls wat onder Hulpbronne gestoor word. Indien u onseker is oor enige klerereëls, rig u navrae aan die algemene administrasie e-pos, admin@kruinpark.co.za, sodat daar vir u terugvoer verskaf kan word.
Busdiens
​
Daar is busroetes wat elke oggend en elke middag teen 'n billike fooi ‘n diens lewer aan ouers wat vervoer vir hul kinders benodig.
​
Geen bus van Kruinpark word bestuur deur bestuurders wat nie die nodige openbare bestuurderslisensies het nie.
​
Leerders van Kruintjie Kleuterskool ry saam met ouboet en ousus in die bus.
​
Kruinpark dra die veiligheid van hul leerders baie na aan die hart, daarom word leerders reg voor hulle huise op- en afgelaai.
Die busdiens is slegs in Secunda area en dit sluit Evander, Trichardt, Bethal uit.
Snoepie
Kruinpark Knubbelblik
Laerskool Kruinpark se snoepie word deur ‘n eksterne persoon behartig en bestuur.
Lucielle Vosloo bestuur ons Kruinpark Knubbelblik!
​
Die snoepie se spyskaart word elke week op Laerskool Kruinpark se FB Blad gelaai en ook aan ons ouers op D6 Connect deurgestuur. Die snoepie het verskeie opsies om van te kies en betaling geskied direk aan Lucielle Vosloo
Kruinpark Knubbelblik
​
079 898 9620


Skoolfonds
​Laerskool Kruinpark se skoolfonds is vooruit betaalbaar oor slegs 11 maande. Januarie tot November.
Laerskool Kruinpark poog elke jaar om ons skoolgelde so bekostigbaar as moontlik vir ons leerders en hul ouers te hou.
​
Kontak besonderhede vir meer inligting:​
Carien Rossouw

Algemene skool inligting en dokumente:
Skoollied
Aan die kant van Secunda
Staan ons Kruinpark skool,
‘n skool met tradisie en trots.
Dis die skool waar ons kinders
‘n toekomsvisie kry,
gebou op ons Skepper, ons Rots.
KOOR:
Glo, leer en leef
is die leuse wat ons streef.
In voor- en teëspoed
Hou ons altyd goeie moed.
Op God kan ons vertrou,
Hy’s die Een wie ons behou.
Die Een wie ons behou.
Deur te glo in ons Skepper,
Te leer soos Hy ons lei,
Sal ons wysheid en kennis verkry.
Met geloof en met kennis,
Met harde werk en leer,
Sal ons vorder en leef tot Sy eer.
KOOR X 2
Erekode​
Ons dank God, ons Skepper en Verlosser, vir lewe en gesondheid.
​
Ons is dankbaar vir die voorreg om te kan skoolgaan en leer.
​
Ons belowe om elke dag ons talente voluit te gebruik in alles wat ons doen.
​
Ons sal altyd onsself, ander leerders en die personeel van Laerskool Kruinpark respekteer.
​
Ons sal streef daarna om vriendelik, eerlik en betroubaar te wees.
​
Ons is trots op ons skool en sal die terrein skoon en netjies hou.
​
Ons sal nooit opgee nie en volhard met ons akademie, kultuur en sport.
​
Ons is Laerskool Kruinpark.
Oë boontoe, vasberade vorentoe.

Gedragskode vir leerders
Wees asseblief bewus, dat die gedragskode elke jaar opdateer word en aangepas word na gelang van wat deur die vorige jaar gebeur het, dus kan die gedragskode wat hier verskyn, nie die nuutste weergawe wees nie.
Skoolreëls
Wees asseblief bewus, dat die skoolreëls elke jaar opdateer word en aangepas word na gelang van wat deur die vorige jaar gebeur het, dus kan die skoolreëls wat hier verskyn, nie die nuutste weergawe wees nie.