Kommunikasie

By Laerskool Kruinpark glo ons dat as personeel, ouers en leerders saamwerk, effektiewe kommunikasie deur ons beskikbare hulpbronne, moontlik is.
Laerskool Kruinpark se offisiële kanaal vir kommunikasie is die D6 Connect Toep. Die toep is so opgestel dat u as ouer, alle nodige inligting kan vind en ook die skool en personeel kan kontak.
U kan ook u kind se afwesigheid aanmeld op die toep en die siekbrief aanheg.
D6 Connect
Ons hoof platform van kommunikasie
Maak asseblief seker u kies CONNECT.
​
D6 Connect kan gelaai word op die volgende platforms:
-
Windows Desktop
-
Mac Desktop
-
Android
-
Apple
-
Huawei
-
Aanlyn op u webblaaier op ‘n rekenaar.
​
Nadat u die toep afgelaai het, volg die instruksies en registreer met u eie identiteitsnommer.
Maak asseblief seker dat u selfoonnommer die nommer is wat die skool op ons stelsel het, want ‘n OTP word na die nommer gestuur om te verifieer.
Hou ook u kind / kinders se identiteitsnommers byderhand, u gaan dit nodig hê om u kind te koppel aan u as ‘n ouer.
