top of page

Kruinpark Sport

popingdesigns_edited_edited.png
popingdesigns_edited_edited.png

Sport wat POP

Passie ontwikkel potensiaal!

Laerskool Kruinpark se personeel besef dat ‘n leerder ook nodig het om aan buitemuurse sport aktiwiteite deel te neem om ‘n gesonde verstand, gees en liggaam te vestig.  By Laerskool Kruinpark is dit ons doelwit om vir ons leerders van jongs af aan soveel moontlike sportsoorte blootstelling te gee en massa deelname te bevorder, sodat leerders hul belangstelling verbreed. 

Laerskool Kruinpark neem deel an die groot skool liga vanaf 2018.  In die afgelope paar jaar het ons reeds baie gegroei en onsself gevestig in die groot skool liga.

U word ook aangemoedig dat indien u meer van ’n sekere sportsoort wil uitvind en wil weet hoe dit werk, om die betrokke organiseerder van elke sportsoort te kontak en u navrae te rig.

Elke sportsoort het ‘n beleid waarvolgens die organiseerder en afrigter werk, wat uiteensit hoe spanne gekies word en wat die sportsoort behels.  Indien u meer rakende die beleid wil uitvind, stuur gerus 'n E-pos aan die betrokke organiseerder.

Rugby
Hokkie
IMG-20240503-WA0007.jpg

Rugby

Pumaki Rugby

Pumaki Rugby word aangebied vir graad R tot graad 2 seuns.  Ouers se hulp word ingespan met die afrigting van die seuns. 

Pumaki Rugby oefening skop af in die tweede kwartaal, waar daar ook verskeie Mini Sportdae is waar die leerders geleentheid sal kry om deel te neem. 

Die seuns speel “Tag” Rugby en daar is nog geen kontak betrokke nie.  Dit is massa deelname en almal is welkom om deel te neem. 

Elke seun sal ‘n geleentheid kry om deel te neem deur die seisoen.

Rugby

Laerskool Kruinpark het Rugbyspanne vanaf onder 9 tot en met ons 1ste Span, A en B spanne word saamgestel. By Laerskool Kruinpark het die seuns verskeie geleenthede om deel te wees van die Rugby die hele jaar.

 

Waar ons voorseisoen oefen om ons seuns fiks en gereed te kry vir die seisoen, sowel as aan 7’s Rugby deelneem vir meer blootstelling. 

 

Die seuns word blootgestel aan grootskole Rugby, hulle het elke jaar ‘n opleidings kliniek asook ‘n toer waar hulle ekstra professionele opleiding ontvang en wedstryde teen ander skole speel.

 

Kruinpark neem deel aan die groot skool liga. Die een hoof aktiwiteit wat op ons kalender uitstaan is die Laeveld naweek waar Mpumalanga skole mekaar die stryd aansê in Nelspruit en Witrivier vir twee dae lank.

Rugby Kruinpark
webnet.png

Netbal

6aa043c0-6185-4810-be27-90eb149ac15e.JPG
Kroempie hart
Netbal 1

Mini-Netbal

Mini-Netbal word deur ons bekwame en opgeleide Mini-Netbal afrigters aangebied en afgerig.

Graad R tot graad 3 dogters neem deel aan Mini-Netbal.  Mini-Netbal oefening skop af in die tweede kwartaal.

In die tweede kwartaal is daar ook Mini Sportdae waar die leerders geleentheid te kry om deel te neem. 

 

Die dogters speel volgens Mini-Netbal reëls en leer die dogters elke posisie wat daar beskikbaar is. 

Dit is massa deelname en almal is welkom om deel te neem.  Elke dogter sal ‘n geleentheid kry om deel te neem deur die seisoen.

Netbal

Laerskool Kruinpark se Netbalspanne is vanaf onder 10 tot en met onder 13, A en B spanne word saamgestel.

Die meisies word blootgestel aan grootskole Netbal, hulle het elke jaar ‘n opleidings kliniek asook ‘n toer waar hulle ekstra professionele opleiding ontvang en wedstryde teen ander skole speel.

 

Kruinpark neem deel aan die groot skool liga. Die een hoof aktiwiteit wat op ons kalender uitstaan is die Laeveld naweek waar Mpumalanga skole mekaar die stryd aansê in Nelspruit en Witrivier vir twee dae lank.

#KruinparkNetbal

Netbal 2
IMG-20230622-WA0023.jpg

Hokkie

Kruinpark Hokkie

Waar potensiaal met Passie ontwikkel word!

Hokkie 3

Mini-Hokkie (seuns en dogters, graad R tot graad 3):

  • Mini-Hokkie word deur ons bekwame en opgeleide Mini-Hokkie afrigters aangebied en afgerig. Graad R tot graad 3 seuns en dogters neem deel aan Mini-Hokkie. 

  • Daar word ook ‘n Mini-Hokkie kliniek aangebied vir die leerders. Mini-Hokkie oefening skop af in die derde kwartaal en gedurende die kwartaal is daar Mini Sportdae waar die leerders geleentheid te kry om deel te neem. 

  • Die seuns en dogters speel volgens Mini-Hokkie reëls en leer die leerders elke posisie wat daar beskikbaar is. 

  • Dit is massa deelname en almal is welkom om deel te neem.  Elke leerder sal ‘n geleentheid kry om deel te neem deur die seisoen.

Hokkie (seuns en dogters):​

  • Laerskool Kruinpark het seuns en dogters hokkiespanne vanaf onder 10 tot en met onder 13. 

  • Daar word jaarliks ‘n hokkie kliniek aangebied waar leerders professionele afrigting ontvang. 

  • Laerskool Kruinpark neem deel aan die groot skool liga.

Hokkie 2

#KruinparkHokkie

IMG-20230802-WA0103_edited.jpg


Kruinpark Tennis

Kroempie hart

Daar is vanaf 2022 Mini-Tennis by Laerskool Kruinpark aangebied vir alle jong Kruinparkers wat in Tennis belangstel. 

Hulle leer balvaardighede aan en speel met ‘n sagte bal om koördinasie te oefen. 

Dit is massa deelname en alle belangstellende leerders is welkom om hulle liefde vir tennis te kom uitleef op die Tennisbane!

Mini-Tennis (graad 1 tot 3)

Tennis 

Tennis vind plaas gedurende die derde en vierde kwartaal.  Laerskool Kruinpark het ‘n dogter- en ‘n seunsspan wat elk uit 4 leerlinge bestaan. Die spanne word vanuit graad 4 tot 7 leerders verkies.  Daar is ook oefening beskikbaar vir beginners, om die beginsels van Tennis te leer en sodoende vir die volgende jaar in aanmerking vir die spanne te kom

IMG-20230808-WA0168.jpg
IMG-20230808-WA0178.jpg

Krieket

Laerskool Kruinpark het Krieketspanne vanaf onder 9 tot en met ons 1ste Span. By Laerskool Kruinpark het die seuns elke jaar ‘n opleidings kliniek. Kruinpark neem deel aan die groot skool liga.

Mini-Krieket
(graad 1 tot 3)

Krieket 1

Mini-Krieket word aangebied vir graad 1 en graad 2 seuns. Daar word ‘n Mini-Krieket kliniek aangebied vir die leerders. Mini-Krieket oefening skop af in die derde kwartaal en gedurende die kwartaal is daar Mini Sportdae waar die leerders geleentheid te kry om deel te neem.  Die seuns speel volgens Mini-Krieket reëls en leer die leerders elke posisie wat daar beskikbaar is.  Dit is massa deelname en almal is welkom om deel te neem.  Elke leerder sal ‘n geleentheid kry om deel te neem deur die seisoen.

Krieket 2
Krieket 3
Atletiek 2

Atletiek

Laerskool Kruinpark neem deel aan die Wes-A been van die Hoëveld groep atletiek.  Ons atlete begin tydens voorseisoen oefen en die interhuis vind reeds in November van die vorige skooljaar plaas, sodat ons atlete genoegsame oefening kan kry en gereed wees vir die seisoen wat vroeg in Januarie begin.  Ons het ‘n junior sowel as ‘n senior atletiekspan.  Die juniors neem slegs aan sekere items deel en hulle seisoen maak reeds vroeg in Februarie klaar.  Die seniors neem deel aan verskeie byeenkomste om vir hulle soveel moontlik geleenthede te gee om teen ander skole deel te neem en voorbereid te wees vir hulle liga byeenkomste.

 

"Kry genoeg moed om te begin en genoeg hart om klaar te maak."

Atletiek 1

Skaak

My name is Alexa Young

Hier by Laerskool Kruinpark, is skaak ’n groot sport!  Hier kan jy reeds van graad 1 kom leer hoe om skaak te speel.  

 

Voorseisoen oefening vind plaas in die tweede kwartaal en liga oefening begin in die derde kwartaal.  Daar is ‘n junior onder 9 skaak span wat bestaan uit graad 2 en 3 leerders.  

 

Dan is daar onder 11, onder 13 eerste span, onder 13 B-span en ‘n dogter span wat elke jaar aan die liga deelneem.

Skaak 1
443711217_970244995107980_7754047276345582234_n.jpg
Skaak 2
popingdesigns.png
Dans 1

Dans

Vanaf 2020 is dans by Laerskool Kruinpark as ‘n sportsoort aangebied.  Graad 1 tot 7 leerders, seuns en dogters, kan aan die dans deelneem.  Daar word vroeg in die jaar proewe gehou om dansers in die spanne te plaas, waar daar in die eerste kwartaal reeds aan kompetisies deelgeneem word.  Laerskool Kruinpark neem ook deel aan die liga en die dansers doen ook eksamen aan die einde van die jaar.  Daar word aan verskeie tipe danse elke jaar deelgeneem.

Jukskei

Jukskei

Jukskei is ‘n spansport wat inheems tot Suid-Afrika is en neem Laerskool Kruinpark elke jaar trots deel aan die liga.  Oefening begin vroeg in die derde kwartaal en is daar ‘n onder 12 en onder 13 seun en dogter span wat deelneem.

Kroempie hart

Landloop

Landloop 1
  • Die langafstand- atlete van atletiek, sowel as enige leerder wat ’n langasem het en aan landloop wil deelneem, graad 1 tot 7 is welkom.  

  • Die oefening vind die heeljaar omtrent plaas en die leerders neem ook deel aan die Parkrun wat elke Saterdag by die Eendedam plaasvind om in oefening te bly.  

  • Die liga byeenkomste vind plaas vanaf die derde kwartaal

Artsy_edited_edited.png
Bike Race
Fietsry 1

Fietsry

Ons is baie bevoorreg by Laerskool Kruinpark om ook deel te neem aan fietsry as ‘n sportsoort.  Alle leerders, van graad R tot en met graad 7, wat ‘n fiets (verkieslik bergfiets) en ‘n valhelm het, is welkom om deel te neem.  

 

Die fietsry oefening begin aan die einde van die tweede kwartaal en vind gewoonlik op Vrydae middae by die Eendedam plaas.  

 

Ouer betrokkenheid is baie belangrik by Fietsry, aangesien die leerders aan die TWK M.B.T. wedrenne deelneem wat regoor Mpumalanga plaasvind op Saterdae.  

Leerders is afhanklik van hul ouers om hulle na die wedrenne toe te vat sodat hulle kan deelneem.

Fietsry 2
Golf Equipment

Gholf

Welcome

Gholf word as sportsoort by Laerskool Kruinpark aangebied en leerders wat reeds die vaardighede het om gholf te speel word aangemoedig om deel te word en deel te neem aan die Gholf liga.  

 

Gholf as sport het reeds baie uitgebrei by Laerskool Kruinpark en het ons in 2022 het ons 'n A en B span gehad wat in die liga deelgeneem het

admin@kruinpark.co.za

hoof@kruinpark.co.za

017 634 8242

Oë Boontoe - Vasberade Vorentoe

Ons Missie

Gehalte onderrig is ons hoofdoel by die skool. Deur ‘n hoë akademiese standaard te behou, maak ons seker dat ons leerlinge voorberei word vir ‘n suksesvolle beroepslewe. Leerlinge van Laerskool Kruinpark word geleer om te streef na uitnemendheid deur altyd hul beste te gee en getrou hul werk te doen.

Wit skool wapen

Oë Boontoe - Vasberade Vorentoe

bottom of page