top of page
DSC_0015.JPG

Laerskool Kruinpark

popingdesigns_edited_edited.png
popingdesigns_edited_edited.png

Kruintjie Pre-primêr

Kruintjie Pre-primêr: Graad 000, Graad 00 en Graad R

Kruintjie

By Kruintjie pre-primêr, graad 000 en graad 00 volg ons ‘n gestruktureerde dagprogram en gebruik ons die ELDA Kurrikulum.  Die Kurrikulum is deur die Onderwysdepartement uitgewerk vir die kleuterskool ouderdom kleuters.  Deurlopende assessering is vir ons belangrik en kleuters kry elke kwartaal ‘n rapport.

​

By Kruintjie se graad R voorskool, gebruik ons die KABV Kurrikulum.  Die Kurrikulum is deur die Onderwysdepartement uitgewerk vir die graad R ouderdom leerders.  Deurlopende assessering is vir ons belangrik en leerders kry elke kwartaal ‘n rapport.

​

Ons fokus op: Groot motoriese vaardighede, fyn motoriese vaardighede, taalvaardighede, posisie in die ruimte, middellyn kruising, patroonvorming, rigting, wiskundige vaardighede, basiese ritmes, musiek en beweging, tegnologie en eksperimente.

Kleuters

Kruintjie Kleuter Skool

Tipiese dagprogram by kruintjie:

Kroempie hart

Buitemuurse aktiwiteite:

  • By Kruinpark kom elke kleuter met ‘n huppel in hul stap by die skool aan.

  • Daarna speel ons lekker binne terwyl ons, ons vingerspiertjies oefen, sodat ons mooi kan teken, verf, ryg en knip.

  • Bybelonderrig.

  • Wiskunde.

  • Wetenskap eksperimente.

  • Lewensvaardighede.

  • Tegnologie. (Graad R maats doen Robotika)

  • Leer juffrou ons speel-speel, alles wat ons moet weet, sodat ons belangrike ontwikkelingsmylpale kan bereik.

  • Daarna oefen ons elke dag ons lyfies sodat ons grootspiere strek en lekker fiks kan word.

  • Buitespel is groot pret terwyl ons lyfies grootspiere strek en ons breine lekker oefen.

  • Ons sing en dans saam met ons maats terwyl ons alles van musiek en ritme leer.

  • Die dag is nou ampertjies verby.  Dit is storietyd, so ons spits ons oortjies mooi en luister wat juffrou lees.

  • Daarna sê ons totsiens vir ons juffrou en ons maats, met ‘n glimlag in ons hart.

  • Ons by Kruintjie het jaarliks ‘n Kruintjie Sportdag, waar die kleuters hulself gate uit geniet!  Kleuters kan ook vanaf graad 00 betrokke raak by die Landsdiens.  Die graad R maats doen ook Mini-Netbal en Pumaki Rugby wat by die skool aangebied word.

  • Kruintjie pre-primêr het ook by graad 000 en graad 00 in 2022 ‘n wiskunde klub gestig, met die naam Kopkrappertjies, waar ons kleuterskool maats 1 keer ‘n week, op ‘n Vrydag ‘n Kopkrappertjie aktiwiteit doen, waar ons kleuters op verskeie maniere van die lekkerte van wiskunde leer.

  • Graad R leerders neem ook aktief deel aan Redenaars kompetisies en het Laerskool Kruinpark top presteerders elke jaar vanuit hierdie kategorie.

  • Wanneer dit Eisteddfod is, neem ons kleuters ook deel in verskeie afdelings en stap weg met uitstekende prestasies!

  • Ons Kruintjie personeel het ook sensoriese speeldae, waar ons kleuters op alle tasbare maniere sensories ontwikkel.

Kleuter

Ekstra aktitweite:

  • Monkeynastix

  • Beaux-Arts

  • Playball

  • Grasshoppers

  • Groovy Kinetics

  • Taekwondo

  • Rugga Rugby

  • Buzz

  • Taekwondo ATA Tigers

Scrapbook Kruinpark
popingdesigns_edited.jpg

Grondslagfase

Grondslagfase:
Graad 1, Graad 2 en Graad 3.

Slegs Afrikaans, Engels, Wiskunde, Robotika en Lewensvaardigheid tel deel van die rapport.
Graad 1 tot 3, werk met 'n 1 tot 7 skaal, waarvan 1 (nie voldoende) en 7 (tenvolle bereik) beteken. Alles word netjies uiteengesit op ons rapporte wat die leerders kwartaalliks ontvang.

Kroempie

By Laerskool Kruinpark, glo ons dat grondslagonderwys van kardinale belang is vir die ontwikkeling van ons kinders.  Daarom is dit vir ons belangrik dat vaslegging in die grondslagfase plaasvind, sodat wanneer ons leerders na die intersenfase toe oorgaan, die oorgang gemaklik plaasvind.

 

Laerskool Kruinpark is deel van die publieke skole van die department van onderwys en volg ons die KABV Kurrikulum. 

​

In die grondslagfase fokus ons op skrif, taal, spelling, en wiskunde vaslegging.  Die onderwysers het weekliks ‘n speltoets wat op Vrydae geskryf word.  Die leerders ontvang die woorde in die begin van die week. 

​

By Laerskool Kruinpark probeer ons, ons leerders ook op verskeie maniere laat deelneem en gebruik ons verskillende metodes om leerders interaktief te leer.

Die grondslagfase het ‘n boeklees, spelfees (taal) en flinkdink kompetisie (wiskunde), asook redenaars (praatjies) wat vanaf graad 1 aan deelgeneem word.

​

In graad 1 word klem gelê op alfabet, skryf, lees, spelling, wiskunde as begrip en plus en minus, lewensvaardighede en basiese tegnologie (robotika) vaardighede.

Vakke:

  • Afrikaans

  • Engels

  • Wiskunde

  • Lewensvaardigheid

  • Bybel

  • Kuns

  • Robotika

Wanneer leerders in graad 2 is, word daar gebou op die vaardighede wat in graad 1 vasgelê is, engels skryf, lees en spel kom by en leerders raak in wiskunde nou ook aan maal en deel. Basiese termes word nou geleer. Tydens die laaste kwartaal van graad 2 begin die leerders lopende skrif aanleer deur die alfabet te oefen en kort sinne te doen.

​

Die sprong van graad 2 na graad 3, is ‘n redelike sprong en is die eerste kwartaal ‘n redelik aanpassing vir die leerder sowel as die kind.  Die pas van werk is vinniger en die hoeveelheid terminologie wat geleer word is meer. 

 

Vanaf graad 3 skryf u kind vasskrif regdeur en ontvang hulle in die laaste kwartaal hulle “penlisensie”, wat hulle daarna dan met pen begin werk.  Saamwerk met jou kind in graad 3 is baie belangrik, sodat wanneer u kind na die intersenfase skuif, dit ‘n gemaklike skuif is.

​

Laerskool Kruinpark se graad 1 tot 3 leerders kry daagliks huiswerk.  Ons glo daarin dat wanneer ‘n kind wat daagliks dit wat hy/sy by die skool gedoen het hersien, vaslegging plaasvind en dat begrip daardeur geoefen word.  Die personeel gee die huiswerk netjies uiteengesit, afgerol, en in die huiswerkboek geplak, sodat u daagliks presies weet wat u kind moet oefen.

popingdesigns_edited.jpg

Intermediêre en Senior Fase

Grow Your Vision

Welcome visitors to your site with a short, engaging introduction. 

Double click to edit and add your own text.

sticker.png

Vakke: Graad 4, Graad 5, Graad 6

  • Afrikaans

  • Engels

  • Wiskunde

  • Natuurwetenskappe en Tegnologie

  • Lewensvaardigheid:

    • Persoonlike Sosiale Welsyn

    • Kuns en Kultuur

    • Ligaamlike Opvoeding

  • Sosiale Wetenskappe:

    • Geografie

    • Geskiedenis

Vakke: Graad 7

  • Afrikaans

  • Engels

  • Wiskunde

  • Natuurwetenskap

  • Tegnologie

  • Skeppende Kunste

  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe

  • Lewensoriëntering:

    • Ligaamlike Opvoeding

  • Sosiale Wetenskappe:

    • Geografie

    • Geskiedenis

Graad 4, 5 en 6 is intermediêre fase en Graad 7 is senior fase. 

 

Laerskool Kruinpark is deel van die publieke skole van die department van onderwys en volg ons die KABV Kurrikulum.  Elke vak het sy eie assesseringsbeleid wat gevolg word en dit word deur die departement bepaal.

Toetse en Eksamens

My name is Alexa Young

Daar vind deurlopende assessering plaas regdeur die jaar vir alle grade by Laerskool Kruinpark.  Deel van die departementele vereistes is dat intersen (intermediêre en senior fase) leerders elke kwartaal ‘n toetsreeks of eksamen skryf, wat deel uitmaak van die totale punte wat vir Rapport doeleindes gebruik word. Take, projekte, toetse en eksamens dra verskillende gewigte vir elke vak.

​

Klik op die knoppie om die reëls af te laai.

Artsy_edited.png
popingdesigns.png

Top 10 Akademie

Graad 4 tot graad 7 se top 10 akademiese leerders word elke kwartaal aangewys in die saal en Laerskool Kruinpark bederf ons Top 10 leerders elke kwartaal met 'n lekker uitstappie om dankie te sê vir hulle harde werk.

Goue 10

Leerders wat van kwartaal 1 tot kwartaal 4 in die Top 10 Akademie was, is in die Goue 10 en ontvang sertifikate tydens die skool se prysuitdeling aan die einde van die jaar.

Grd4studie.png

VOETE

Hier by Kruinpark is ons bevoorreg om Liggaamsopvoeding, buiten die kurrikulum, aan ELKE Gr. 1 - 3 leerder te bied.

​

Dit gebeur tydens skooltyd. Ons fokus daarop om AL die vaardighede in hokkie, krieket, rugby, netbal en atletiek NOG MEER te ontwikkel.

​

Ons program staan bekend as VOETE!

V -Vaardigheid

O -Ontwikkeling

E - En

T - Tegniese

E - Etiek

Tina Cowley Leessentrum

WhatsApp Image 2024-07-22 at 10.53.51_0702c321.jpg
Kroempie

Laerskool Kruinpark het ook ‘n leeslab wat op ons skoolgronde gevestig is en alreeds vir jare lank, ‘n verskil in ons leerders se lees, spelling en begrip maak. Ouers wat graag hul kinders na die Tina Cowley Leessentrum toe wil laat gaan, kan vir die voogonderwyser ‘n brief stuur of die skoolkantoor kontak, dat ons Tania se besonderhede aan u kan deurgee.

Tina Cowley Leessentrum
Tania Viljoen
082 809 6131

  Die leessentrum gaan haal die betrokke leerder/s in hul tydgleuf by hulle klaskamer as hulle nog jonk is en besorg hulle weer terug by juffrou na die tyd.  Ouers kry deurlopend terugvoer oor vordering. Daar is ook na skool ure tydgleuwe vir leerders om na die leessentrum toe te gaan. Die leessentrum is ‘n buite skoolverband aktiwiteit en kostes verbonde aan die leessentrum is vir ouers

Kroempie

Admath Ekstra Wiskunde

By Laerskool Kruinpark besef ons ook dat Wiskunde belangrik is vir die toekoms van al ons leerders. 

 

Meneer Wihan Engelbrecht het reeds ‘n paar jaar lank die Admath Ekstra Wiskunde wat hy aanbied vir die top 30 graad 4 tot 7 leerder wat wiskunde punte aanbetref. 

 

Hierdie leerders ontvang ‘n uitnodiging aan die einde van die jaar, waarna ouers kan laat weet of hulle wil hê dat hul kind aan die program deelneem. 

 

Hierdie leerders lê ook eksamens af en ontvang sertifikate vir hul prestasies. Die leersentrum is ‘n buite skoolverband aktiwiteit en daar is kostes verbonde aan die leersentrum vir die ouers.

Artsy_edited_edited.png
webklein.png

Laerskool Kruinpark het remediërende onderrig vir ons graad 1 tot 3 leerders wat ekstra hulp nodig het in sekere areas soos wiskunde en Afrikaans.

 

Die leerders wat hulp nodig het, word deur die klasonderwyser geïdentifiseer en daar word aan die ouers ‘n uitnodiging gestuur waarin die leerder uitgenooi word om die remediërende klasse by te woon. 

 

Hierdie is slegs vir leerders wat akademies sukkel en uitgenooi word en dra nie ‘n addisionele koste vir ons ouers nie, dit is deel van Laerskool Kruinpark se leerplan.

Remediërende Onderrig

popingdesigns_edited_edited_edited_edited.jpg

Robotika

Ons bied Robotika en Kodering aan vanaf Gr. R tot Graad 7! Hier leer hulle verskeie aspekte van Robotika en ontwikkel hulle koderings vaardighede. Ons het ook spanne wat deelneem aan die "Lego League" Kompetisies waar hulle probleme een-vir-een moet oplos.

Ons woon ook verskeie koderingswerkswinkels by wat ons leerders 'n dieper insig gee tot die koderings wêreld.

robotika.png
popingdesigns.png

Naskoolsentrum

Vir enige navrae kontak Mev. Carien Rossouw by debiteure@kruinpark.co.za 

01

Laerskool Kruinpark het ‘n naskoolsentrum wat beskikbaar is vir graad 000 tot en met graad 7 leerders. Vir die graad 1 tot 7 leerders is die naskoolsentrum ook daar om die leerders in die middae te ondersteun met hulle huiswerk en die seniors met hulle leerwerk. 

02

Indien die leerders buitemuurse aktiwiteite het wat hulle moet bywoon, maak die naskool personeel ook seker dat die betrokke leerders betyds by hulle aktiwiteite uitkom.  

03

Die naskoolsentrum personeel sal ook aan ouers terugvoering gee indien hulle sien dat ‘n kind met ‘n seker aspek van huiswerk mee sukkel. Elke graad is in klasverband opgedeel en dit maak dit meer gemaklik vir leerders om in graadverband in die middae huiswerk te doen. 

04

Daar is sekere gedeeltes van huiswerk wat nie tydens naskool tyd gedoen kan word nie en ouers word altyd aangemoedig om steeds elke middag saam met hul kinders deur die werk te kyk en seker te maak dat u kind alles gedoen het.

Tye

  • Kleuterskool: 13:00 - 17:00

  • Laerskool: 13:30 - 17:00

  • Naskoolsentrum ure vakansies: 06:30 - 17:00

Kroempie

admin@kruinpark.co.za

hoof@kruinpark.co.za

017 634 8242

​

Oë Boontoe - Vasberade Vorentoe

Ons Missie

Gehalte onderrig is ons hoofdoel by die skool. Deur ‘n hoë akademiese standaard te behou, maak ons seker dat ons leerlinge voorberei word vir ‘n suksesvolle beroepslewe. Leerlinge van Laerskool Kruinpark word geleer om te streef na uitnemendheid deur altyd hul beste te gee en getrou hul werk te doen.

Wit skool wapen

Oë Boontoe - Vasberade Vorentoe

bottom of page